Tampa Internasionale Lughawe

Tampa Internasionale Lughawe (IATA: TPA, ICAO: KTPA, FAA LID: TPA) is 'n internasionale lughawe 10 km wes van die middestad van Tampa, in Hillsborough County, Florida, Verenigde State. Die lughawe word in die openbaar besit deur Hillsborough County Aviation Authority (HCAA). Die lughawe bedien 93 direkte bestemmings regoor Noord-Amerika, Sentraal-Amerika, die Karibiese Eilande en Europa deur verskeie lugrederye. Die lughawe was tot 1952 Drew Field Munisipale Lughawe genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search